RIVERSDAL NUUS - Senior burgers het die afgelope tyd misdadigers se teiken geword en word hulle veral tydens Sassa-uitbetalings beroof.
Dit is volgens ao Hans Busch van Riversdal-polisie.
"Die misdadigers ruk ouer vroue se handsakke van hulle skouers af, of gryp hul beursies uit hulle hande en hardloop daarmee weg," verduidelik hy.
Busch beveel aan dat seniors burgers veiligheidshalwe hul geld aan hul persoon dra, nie alleen geld gaan trek nie en altyd bewus moet wees van wat om hulle aangaan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'