Die verwelkoming en amptelike opening is behartig deur die uitvoerende burgemeester, rdl Emor Nel.
In haar toespraak het sy gefokus op die belangrikheid van bejaardes, waarop soveel kinders en kleinkinders staatmaak vir ondersteuning en waardes wat oorgedra word. "Erfenis en kultuur is noodsaaklik, asook verskille. Dit is elkeen se verantwoordelikheid om op 'n daaglikse basis met mekaar oor die weg te kom en nie verskille as struikelblokke te sien nie.
Ons moet verskeie groepe se begeerte om kultuur te bewaar, verstaan en waardeer en die geleentheid gee om versoenend op te tree."
Sy het beklemtoon dat Erfenisdag juis die geskikte geleentheid is om geskille ter syde te stel en versoening te bewerkstellig. "Dit is nie nodig dat twee erfenisgeleenthede op verskillende plekke plaasvind nie.
Ons kan dit saam doen en by mekaar leer. Xhosa, Khoi-Khoi of enige ander kultuur of ras; elkeen het sy eie storie om te vertel."
Nel het ten slotte genoem dat die 2015 Erfenisdag-vieringe juis uitgebrei gaan word om hierdie kultuurversoening aan te spreek.
Die dag is afgesluit met 'n verkiesing van Mnr en Me Hessequa Senior Burger.
Die dame het gewys sy kan 'n rugbybal deur 'n ring gooi.
Rieldansers van Slangrivier het die gehoor vermaak met hul passies.
By die speletjie was daar groot pret, want dit is nie so maklik om die ringetjie met die stokkie te vang nie.
ARTIKEL EN FOTO'S: ELIZE BLOM, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'