MELKHOUTFONTEIN NUUS - 'n Lang gekoesterde droom van Soetefontein Senior Burgerklub is uiteindelik bewaarheid toe Lesley Hartnick van die provinsiale departement van plaaslike regering hulle NPO-sertifikaat aan hulle oorhandig het.
"Die klub is ewig dankbaar vir die hulp en bystand van mnr. Hartnick en sy departement," het die voorsitter, Albert Cloete bygevoeg.
Enigiemand van die ouderdom 55 jaar en ouer is welkom om by die klub aan te sluit en kan Cloete by 079 993 1673, of Lewaks by 028 754 1605 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'