Update
HESSEQUA NUUS - Ten minste sewe verdagtes in seks en seksverwante misdrywe binne die Hessequa-streek se verhore word eersdaags voortgesit.
In die Stilbaai-landdroshof sal die eerste van twee vermeende reeksverkragters se verhore voortgesit word.
'n Vermeende pedofiel wat daarvan aangekla word dat hy seks met twee kinders gehad het, sal vandag, 15 Januarie weer in die hof voorkom. Die kinders was onderskeidelik agt en 10 jaar oud ten tye van die beweerde misdrywe.
Die polisie kon nie ontken dat nog klagtes tot sy klagstaat toegevoeg sal word nie.
Die tweede vermeende reeksverkragter, sal op 10 Februarie in die Riversdal-landdroshof voorkom. Hy word daarvan aangekla dat hy op 'n plaas buite Riversdal 'n vrou met 'n mes gedreig en haar verkrag het. Hy staar ook 'n klag van verkragting in die gesig wat in Mandelastraat, Riversdal sou plaasvind. Ook hier kan nog klagtes teen die verdagte aanhangig gemaak kan word nie.
'n Voormalige Heidelberg-polisieman en sy vriend sal op 4 Februarie in die Riversdal-streekhof op 'n reeks aanklagte van verkragting en nog meer teregstaan.
Op 28 Januarie sal 'n voormalige onderwyser van Heidelberg weer in die Riversdal-streekhof voorkom op aanklag van seksuele aanranding.
'n Twee-en-veertigjarige man van Albertinia is op 2 September in hegtenis geneem vir die beweerde verkragting van sy driejarige kind. Die slagoffer is nou agt jaar oud en na sielkundige intervensie was die polisie gerat om die oortreder toe te sluit.
Hy verskyn weer op 4 Februarie in die Riversdal-streekhof.
Die man se saamblyvriendin is aangekla ingevolge die wet op nalatige optrede of versuim om na die kind se welstand om te sien. Ook vir haar is 'n nuwe streekhofdatum, 28 Februarie geboek.
Vorige artikel: Agt se seksverhore gaan voort
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'