Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Wat as 'n welkome ligpunt vir baie Sassa-begunstigdes, asook nuwe aansoekers van Heidelberg gelyk het na die Covid-19 pandemie alles tot stilstand geruk het, het vir hulle lelik geboemerang.
Na vele samesprekings tussen beamptes van Sassa, is op Donderdag, 11 Maart aan gemeenskapsverteenwoordigers Annelene Hartnick, Cynthia Roberts en Avril Geldenhuys bevestig dat hulle Woensdag, 17 Maart sou kom.
Dit is skielik na vandag (Donderdag, 18 Maart) verskuif, maar teen 15:45 het hulle steeds nie opgedaag nie.
Sassa se Riversdal-kantoor het laatmiddag via e-pos laat weet dat hulle nie na Heidelberg kon gaan nie, omdat daar geen risiko bepaling (risk assessment) by die stadsaal gedoen was nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'