Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die SWD in samewerking met die Suid Afrikaanse rugby unie (Saru) en Hessequa-munisipaliteit se burgemeeste Grant Riddles het vanjaar 'n skeidsregterskamp in Riversdal aangebied.
Daar is fiksheids toetse gedoen, nuwe reëls is bespreek en geilutreer.
Belangrike gaste wat die skeidsregterkamp gaan bygewoon het, is die, Yantolo Banks (SA Rugby Skeidsregters bestuurder), Eugene Daniels (akademie bestuurder asook die President van SWD Rugby en portefeulje bestuurder, klubsake).
SWD is 'n belangrike unie in SA Rugby opset in terme van transformasie mylpale en gaan hul dus die ekstra myl om belowende skeidsregters te identifiseer vir opname in SA Skeidsregter panele en die Akademie.
Die geleenthede is dus daar vir hardwerkende skeidsregters om 'n loopbaan in skeidsregtersskap te bekom.
ARTIKEL & FOTO'S: SAN-MARIÉ CRONJÉ, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'