Verskeie plaaslike kore, wat die St Barnabas Anglikaanse kerkkoor onder begeleiding van Johannes Pietersen, AGS-Oos kerkkoor asook hul Sondagskoolleerders insluit, sowel as kore van Barrydale, Bredasdorp en Slangrivier het die volgepakte saal op geestelike liedere getrakteer.
Die groot trekpleister was die Gospelgroep van Bredasdorp, Totally 4 Christ wat die gehoor behoorlik met hul goue stemme betower het.

Die AGS Oos-kerkkoor bied hul sangstuk aan.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'