Die kompetisie het deel uitgemaak van die strandprogram wat aangebied was deur die kerke in die dorp.
Volgens pastoor Carel-J Richmuller van die Baptiste kerk is heelwat inisiatief aangewend met 'n paar interessante inskrywings. Daar het 26 spanne ingeskryf en almal het twee ure gehad om hul kastele te bou, wat beoordeel was volgens kreatiwiteit, netheid en die gebruik van natuurlike elemente.
* Die drie verskillende strand pretdae is beplan en georganiseer deur 'n samewerking van die Still Bay Baptist Church en die Stilbaai United Church en ook Hannetjie Drotske van die NG Kerk. Die sandkasteel is georganiseer deur die United Church.
Die Pinnochio in die walvis se mond het gewen.