RIVERSDAL NUUS - Die plaaslike polisie het ook hul deel op Mandeladag bygedra en aan veral minderbevoorregtes teruggegee.
Sop is uitgedeel en hulle het ook pamflette oor mensehandel (human trafficking) en koevertjies met saadjies uitgedeel.
"Die saadjies word geplant, wanneer dit groot is word dit gepluk en geëet en jy kan dit aan jou medemens gee. Dis soos 'n kettingreaksie - die plantjie groei weer, dan word dit weer gepluk, geëet en uitgedeel," sê ao. Yolanda Prinsloo.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'