Gallery
RIVERSDAL NUUS - Piet Saayman van Riversdal is oortuig dat hy vanjaar die grootse oes met die grootste vleestamaties in sy leeftyd gaan hê.
Saayman is 88 jaar oud en sê dat hy nog nooit só baie en sulke groot tamaties aan die plante wat hy geplant het, gesien het nie.
“Ek het pitte geplant en die plante het begin rank. In my lewe het ek dit nog nie so gehad nie.”
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'