Update
RIVERSDAL NUUS - Die saak teen 'n landbouer van dié dorp, Jan Daniël Jacobus Janse van Rensburg, wat op aanklag van strafbare manslag verskyn, is weer uitgestel.
Die saak het Vrydag 29 September in die plaaslike streekhof voorgekom nadat dit op 16 Augustus in die Mosselbaai-streekhof hierheen verwys is op versoek van streekaanklaer, Johan Erasmus.
Janse van Rensburg sal weer op 23 November in die hof verskyn.
Hy het sy buurman, Chris Harmse (61), verlede jaar na bewering na 'n woordewisseling aangerand oor die onderhoud van 'n watersloot.
Dit het op die plaas Peperduurfontein in die Kruisrivier-omgewing plaasgevind. Harmse het kort na die voorval in die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai na 'n operasie beswyk.
Lees 'n vorige artikel: Boer dood na bakleiery oor watersloot
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'