RIVERSDAL NUUS - Jan van Rensburg het weer op 6 Desember vir 'n voorverhoor in die plaaslike landdroshof verskyn.
Van Rensburg word aangekla van strafbare manslag op Chris Harmse na 'n woordewisseling op die plaas Peperduurfontein in die Kruisrivier-omgewing, Riversdal in Februarie 2016.
Harmse het 'n dag later in die Life Bay View-hospitaal op Mosselbaai na 'n operasie aan sy enkel beswyk.
Die staat is van voorneme om mediese getuienis by monde van spesialiste aan te bied.
Die staat en verdediging is dit eens dat dit in belang van geregtigheid is om assessore aan te stel om die hof by te staan in die oorweging en beoordeling van mediese getuienis.
Die saak is tot 1 Maart 2019 uitgestel ten einde die departement van justisie genoeg tyd te gee om geskikte assessore aan te wys. 'n Verhoordatum sal bepaal word in oorleg met assessore.
Lees vorige artikels hier:
- Mediese verslag duik op
- Bewysstuk in Harmse-saak teruggehou
- van Rensburg verhoorafwagtend
- Saak teen boer uitgestel
- Boer dood na bakleiery oor watersloot
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'