RIVERSDAL NUUS - Die polisie is in besit van 'n rolsoel, twee gebruikte asbesplate en 'n lantern.
Die goed is vermoedelik gesteel. As dit aan jou behoort en jy kan eienaarskap bewys, kan jy ao. Jeffrey Bezuidenhout gedurende kantoorure by 028 13 8500 kontak.
Die polisie waarsku inwoners om seker te maak hul huise en voertuie is gesluit wanneer hulle dit verlaat. "Daar is 'n toename in huisbraak en diefstal uit voertuie," het konst. Venia Daries, die polisie se mediaskakelpersoon gesê.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'