RIVERSDAL NUUS - John Joseph van Riversdal wil sy droom verwesenlik om 'n rolprent in Riversdal te maak.
Volgens Joseph is die draaiboek reeds deur Marinda Joseph geskryf. Indien alles volgens plan verloop, behoort dit gedurende Januarie 2022 geskiet te word.
Die storie in kort? 'n Jong meisie wat in die weeshuis was, is op soek na haar ouers. Dié rol gaan deur Gas-Leigh Filliers, leerder van Hoërskool Langenhoven vertolk word.
Hoewel hy reeds akteurs vir die hoofrolle gekry het, soek hy nog byspelers. Belangstellendes kan vir Joseph kontak (078 032 2877).
Oudisies word vir September vanjaar beplan.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'