ALBERTINA NUUS – Die twaalfjarige Robyn Minnie skilder, speel klavier, programmeer videospeletjies en blink in wiskunde uit.
Sy het vanjaar behoorlik uitgeblink aan die kunsfront. Kwalik twee maande gelede het sy die kinderkunskompetisie gewen en verlede week het sy 'n meriete-prys in die Inheemstienerkunskompetisie gewen.
Robyn is baie lief vir musiek en sy speel graag klavier. Sy geniet dit om aanlynspeletjies soos Roblox te speel. Sy leer nou programmering en het al self ’n paar videospeletjies ontwerp.
Sy is ’n geesdriftige leser en haar gunstelingvak is wiskunde.
En wat wil sy eendag word? “Ek het nog nie besluit nie...”
“Ons hou die kunspot aan die kook.” Dié werk het haar die eerste plek in die kinderkunskompetisie besorg. Foto’s: CJ de Swardt
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’