RIVERSDAL NUUS - Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Riversdallers kan solank 7 April in hul dagboeke aanteken wanneer die Wes-Kaap Bloedskenkdiens dié dorp besoek.
Skenkers en voornemende skenkers kan na die burgersentrum gaan vanaf 14:00 - 18:45.
Vir enige navrae, kontak 021 507 6319/ 021 507 6320/ 021 507 6329.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'