RIVERSDAL NUUS - Dit was Donderdag, 10 Februarie vir Cliff Slater van Riversdal 'n besondere dag omdat hy sy 200ste eenheid bloed geskenk het.
'n Groot aantal Riversdallers het na die burgersentrum gegaan om hul deel vir volk en vaderland gedoen om bloed te skenk en sodoende iemand anders se lewe te kan red.
“'n Totaal van 102 het probeer om te skenk. Ons het 76 gereelde en 10 nuwe skenkers gehad,” het Arlecia November, bemarkingsbeampte van die Wes-Kaap Bloeddiens gesê.
Die volgende bloeddiensklinieke
- Riversdal: 3 Maart vanaf 14:00 - 18:45 in die burgersentrum;
- Heidelberg: 14 Maart vanaf 12:00 - 17:30 in die stadsaal; en
- Albertinia: 22 Maart vanaf 14:00 - 18:00 in die stadsaal.
Indien jy tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud is, 50kg of meer weeg, ‘n algemene goeie gesondheid handhaaf en 'n veilige seksuele leefstyl lei, behoort jy te kan bloed skenk.
Indien jy met die koronavirus gediagnoseer word binne 28 dae na jy bloed geskenk het, moet jy dadelik met die Wes-Kaap Bloedskenkdiens in verbinding tree (021 507 6319/507 6320/507 6329).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'