RIVERSDAL NUUS - Kunstenaars van die Hessequa-kunsroete het met die aanvang van Maart skouer aan die wiel gesit om die muur by die biblioteek in Riversdal te verfraai.
Teen Vrydag, 4 Maart het dit al mooi vorm begin aanneem en sal dit gereed wees vir die Hiefel Fiefel Pad-af Kunsuitstalling wat van 25 tot 27 Maart in Riversdal plaasvind.
Dit word deur die Hessequa Kunsroete: Riversdal aangebied as een van die drie uitstallings per jaar in die Hessequa-streek. Die uitstallings vind plaas in Riversdal (Maart), Heidelberg. (September) en Stilbaai (Desember).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'