Gallery
RIVERSDAL NUUS - Riversdal saalperdvertoners het einde April 'n groot invloed by die SA kampioenskappe in Bloemfontein gehad waar deelnemers van regoor Suid-Afrika, asook Namibië deelgeneem het.
Meer as 860 saalperde het vanjaar deelgeneem, waar ons eie dorp se ruiters hulle baie goed van hul taak gekwyt het.
Die SA Groot Kampioen Vyfgang perd is Riversdal-skou se eie 5G kampioen. Dit is War Sports wat vertoon word deur Carol Badenhorst. Hierdie span het ook hul kwalifiserende klas gewen. Carol en War Sports word deur Charl Oosthuizen-stalle in Wellington afgerig.
FOTOGALERY: SA kampioenskappe in Bloemfontein
Ilke Miur. Foto's: Verskaf
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'