RIVERSDAL NUUS - Riversdal Blues het sy ondersteuners vir hul lojale ondersteuning bedank met 'n kliniese vertoning teen Collegians verlede Saterdagmiddag in die Riversdale-stadion.
Die Blues het maklik met 34-5 geseëvier met sy losskakel, Wilbur January, wat 19 punte met skoppe en 'n drie tot die eindtotaal bygedra het.
Nou is die die halfeindstryd teen die All Blacks van Oudtshoorn op 1 Oktober waar hulle die kragvertoning teen Collegians moet herhaal as hulle die eindstryd in die Super B-afdeling wil haal.
Wilbur January
Die Riversdal Blues se Nathan Lavelot (slot) rank hoog om die bal in die lynstaan te bemeester.
Wilbur January, losskakel van die Blues, nael sterk op pad na sy drie teen Collegians. Hy het 19 punte aangeteken in dié wedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'