RIVERSDAL NUUS - 'n Sterilisasiekliniek word weer Vrydag, 21 Augustus deur die Community Animal Rescue Society (CARS) in Riversdal aangebied.
"Ons gaan slegs mense help wat werklik behoeftig is. Ongelukkig het ons oneerlike mense wat met ander mense se diere inkom om te steriliseer, daarom gaan ons geen mense help wat inkom nie. Dit ontneem hulp van die mense wat dit werklik nodig het. Ons sal self van huis tot huis gaan en evalueer," verduidelik die voositter, Sandra Lotz.
Dié nie-winsgewende organisasie is afhanklik van skenkings uit die gemeenskap vir die liefdadigheidswerk wat hulle verrig.
Enigiemand wat bereid is om 'n bydrae te maak, kan dit direk in hul bankrekening inbetaal.
Rekeningbesonderhede
Naam: Community Animal Rescue Society
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 40 7271 6037
Takkode: 632005
Soort: Tjek
Swift kode: ABSAZAJJ
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'