Die eerste prinses, Gabriela Neto tweede prinsses, Elizey Gordon is beide van Mosselbaai. Mej Aalwyn en haar twee prinssesse kwalifiseer om as semi-finaliste aan die Miss Garden Route en Klein Karoo kompetisie wat later in die jaar aangebied word, deel te neem. Gabriela is ook Miss Photogenic, terwyl Elizey ook die titel as Miss Charity ingepalm het. Liane Steyn is as Miss Personality aangewys.
Die vyf beoordelaars op wie se skouers die moeilike takie gerig het, was Anina Harmse, Liebe, Leana Ries, Tania Hough en Elsabe Greyvenstein.
Die spoggeleentheid is deur die uitvoerende burgemeester van Hessequa, rdl Emor Nel, rdl Charles Prins van Albertinia, Piet Janse van Rensburg, voorsitter van die Albertinia Aalwynfees projekspan, vriende en familie bygewoon. Die verrigtinge het afgeskop waarin elke finalis hulself voorgestel en vertel het wat hul 'motto' in die lewe is. Daarna het hul in swem-en aanddrag verskyn, wat geborg is deur ondernemings in Mosselbaai.
Elke finalis moes 'n vraag beantwoord wat moes bewys hul is nie net 'n mooi gesiggie nie, maar ook oor die nodige intelligensie beskik.
Leank Laubsher het die gaste met 'n danssolo getrakteer en later ook saam 'n groep kinders opgetree wat sy afrig. Antonet Voster was verantwoordelik vir verskeie sangsolos. Die skoonhede se pryse is deur ondernemings in Albertinia, Kaapstad en Knysna geborg. Geskenke en blomme aan die beoordelaars en wenners is deur 'n onderneming in Albertinia geborg.
Mej Aalwyn en die twee prinssesse sal by Albertinia Aalwynfees op 13 en 14 Junie teenwoordig wees, waar besoekers hul kan ontmoet. Die doel van die kompetisie is om toerisme in die dorp en streek te bemark en te bevorder.

Van links is Gabriela Neto, Riandi du Pleez en Elizey Gordon. (Foto's: Verskaf)
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'