RIVERSDAL NUUS - 'n Sewe-en-vyftigjarige vrou is Donderdag, 3 Maart in hegtenis geneem vir diefstal.
Volgens sers Christiaan Jansen, kommunikasiebeampte van Riversdal-polisie het sy kos by Dickson Bistro restaurant ter waarde van R559 bestel en die perseel verlaat sonder om vir die kos te betaal.
Volgens die restaurant-eienaar het dit voorheen ook met 'n ander eetplek gebeur en maan hy besighede om bedag daarop te wees.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'