HESSEQUA NUUS - Met slegs een skenking kan jy tot drie lewens red.
Jy kan spook om 'n held te probeer wees, óf jy kan net gaan bloed skenk. Wanneer jy vanjaar vier keer skenk, sal jy 'n piekniekmat ontvang.
Om bloed te skenk neem ongeveer 30 minute. Jy kan elke 56 dae skenk en moet ouer as 16 en jonger as 65 wees.
Dit sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word wat binne 24 uur deur die liggaam vervang word.
Laai gerus die bloedbank se toep, 'WP Blood' af om uit te vind waar jou naaste kliniek is op die dag van bloedskenking. Dit is gratis beskikbaar by alle iOS en Android toep-winkels en sal ook vir jou kan wys hoe WPBOD se bloedvoorraad op daardie oomblik lyk.
Vir meer inligting SMS 'Bloed' na 33507 en WPBOD sal jou terugskakel met inligting oor waar om te skenk.
Skenkers kan ook 021 507 6300 skakel, 'n e-pos stuur aan info@wpbts.org.za of die webtuiste, www.wpblood.org.za besoek.
- Jy kan weer bloed op die volgende datums by die burgersentrum op Riversdal skenk: Donderdag 11 April, Donderdag 20 Junie, Donderdag 15 Augustus, Donderdag 24 Oktober en Donderdag 19 Desember.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'