STILBAAI NUUS EN VIDEO - 'n Gesin se vakansie het bitter begin nadat hul voertuig ('n Toyota-bakkie) vanmiddag in die veld beland het na 'n ongeluk.
Volgens die gesin, het hulle in Stilbaai se rigting op die R305 gery toe 'n ander voertuig ('n Volkswagen Jetta) voor hulle ingedraai het.
Die twee voertuie het toe gebots.
Die ongeluk het by die Hectorskraal-afdraai plaasgevind.
Die bestuurder en enigste insittende van die ander voertuig, was vir bykans 'n uur in die wrak van sy motor vasgekeer.
Dit is onduidelik of enige lede van die gesin per ambulans hospitaal toe vervoer is.
Die man in die Jetta is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die pad was gesluit, maar is weer oop vir verkeer.
Daar is nie tans verdere inligting beskikbaar nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die foto's hieronder is op die toneel geneem.
'Ons bring jou die nuutse Stilbaai, Hessequa nuus'