Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit is onder die top vyf munisipaliteite in Suid-Afrika.
Dit is volgens die Netwerk24 se Buite Werking (Out of Order) munisipale indeks.
Punte word aan elk van die land se 257 munisipaliteite toegeken op grond van verslae van die ouditeur-generaal en Statistieke Suid-Afrika, die munisipaliteit se begrotings, werkloosheidsyfers en basiese dienste wat gelewer word.
Die top 5 munisipaliteite is:
- Overstrand (65/100)
- Kaap Agulhas (65/100)
- Swartland (63/100)
- Hessequa (63/100)
- Saldanhabaai (63/100)
Volgens die munisipale bestuurder, Johan Jacobs, word bogenoemde prestasie gestaaf deur die skoon ouditverslag wat die munisipaliteit vir die sewende agtereenvolgende jaar ontvang het.
“Elke amptenaar se bydrae en ingesteldheid van dienslewering, skoon prosesse op alle terreine, asook 'n stabiele politieke omgewing met duidelike doelwitte en 'n gefokusde begroting is wat Hessequa-munisipaliteit 'n munisipaliteit maak om op trots te wees.”
VORIGE ARTIKEL: Hessequa is tops
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'