STILBAAI NUUS - Die gasspreker by die maandelikse byeenkoms van U3A op Maandag 29 Januarie om 09:00 by Die Waenhuis, Jagersbosch is Pieter Lategan van die bedreigde spesies beskermings-eenheid.
Lategan was 'n stigterslid en was vir 10 jaar bevelvoerder van die eenheid.
In 1989 is die eenheid gestig met die taak om smokkel van bedreigde spesies en die produkte van bedreigde spesies soos ivoor en renosterhoring, te stop.
Hy gaan oor sy baie interessante ondervindinge gedurende die 1980's gesels.
Gaste en nie-lede is welkom om dit by te woon.
Toegang is gratis.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'