ALBERTINIA NUUSFLITS - Die organiseerder van die jaarlikse Albertinia hotel-potjiekoskompetisie, Lumé Vermeulen is effens teleurgesteld met die getal inskrywings vanjaar, maar beoog om volgende jaar baie meer deelnemers te trek.
Garden Route Game Lodge is as die wenners aangewys van die kompetisie wat vanjaar op Saterdag 17 Maart aangebied is.
William Ferreira van Knysna se sang en musiek het bygedra tot ’n feestelike atmosfeer terwyl gesellig om die potte gekuier is.
Deelnemers en besoekers het ook op die parkeergebied gedans.
Volgens die beoordelaars, Des Smith, René en Christo Shacks was die gehalte uitstekend en die top vyf se punte het min van mekaar verskil.
Volgende jaar se kompetisie vind weer in Maart plaas en spanne word genooi om vroeg in te skryf.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: JEFF GIBSON, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'