RIVERSDAL NUUS - ‘n Polisiereservis op Riversdal, konstabel Stafford Tarentaal, was Dinsdagoggend, 4 Augustus omstreeks 11:00 in ‘n ligte botsing met ‘n ander voertuig betrokke.
Volgens kommunikasiebeampte konstabel Venia Daries was Tarentaal in Orrstraat op pad, toe die bestuurder van ‘n wit Volkswagen Polo die stopteken by Barrystraat verontagsaam het.
Albei bestuurders is vir ligte beserings behandel, maar geen opname in die plaaslike hospitaal was nodig nie.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'