Hulle het om 22:49 'n klagte van mnr. Daantjie Kruger ontvang dat hy 'n geraas buite by sy boot hoor en onraad vermoed.
Volgens a.o. Cindy van Tonder het die lede dadelik reageer en 'n plaaslike man is by die boot gevind waar hy besig was om die skroewe daarvan te verwyder.
Hy is dus op heterdaad betrap en gearressteer en sal nou voor die hof kom. Die saak word verder ondersoek.