RIVERSDAL NUUS - Flink optrede deur lede van Riversdal-polisie op Donderdag 18 Augustus het 'n verdagte agter tralies vir diefstal uit 'n voertuig en besit van tik en mandrax.
Die lede het om 09:20 'n klag ontvang van geld wat uit 'n Sasko-broodbakkie in Blandstraat gesteel is.
Die verdagte het in 'n wit bakkie gevlug, maar die lede het hom in Van Riebeeckstraat afgetrek.
Die geld is teruggevind en na hy gevisenteer is, is drie sakkies tik en een mandraxtablet in sy besit gevind.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'