Na afloop van die pretloop het plaaslike besighede by die projek ingekoop.
Die doel was om babadoeke in te samel, wat by 'n latere geleentheid deur die provinsiale kantore aan minderbevoorregte kinders geskenk sal word. Hierdie projek moes deur al die polisiestasies in die Wes-Kaap geloods word. A.o. Alroy Windvogel het verseker dat die projek in die dorp plaasvind.
Volgens hom is nagenoeg 500 doeke deur die plaaslike besighede geskenk. "Ons wil graag almal betrokke, insluitend die skool, hartlik bedank vir hul onbaatsugtige ondersteuning tot die sukses van die projek," het hy gesê. Tydens die pretloop moes die deelnemers elkeen 'n doek dra op enige plek op die liggaam. Dít het vir groot pret onder hulself, sowel as verbygangers gesorg.

A.o. Alroy Windvogel neem babadoeke in ontvangs van Gloria Gillian, bestuurder van 'n plaaslike klerewinkel. Foto's: Clive Pretorius.