Gallery Video
VERMAAKLIKHEID NUUS EN VIDEO - Sowat 30 gemeenskapslede van Vermaaklikheid is Woensdagaand 12 Junie na Tiny Treasures-kleuterskool aangery sodat hulle kan hoor wat die polisie op die hart het.
Met ’n koppie warm sop in die hand het hulle die koue trotseer terwyl ao. Mias Oosthuizen van Riversdal-polisie en koördineerder van landelike veiligheid, die gaste voorgestel het.
Die polisielede het vir die gemeenskap verduidelik wat hul verantwoordelikhede teenoor hul kinders is, en dat hulle positiewe rolmodelle moet wees.
Isaacs het ook vir hulle die leviete voorgelees oor dwelm- en drankmisbruik en die gebruik van geweld in huishoudings en op straat.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Vermaaklikheid, Hessequa nuus'