RIVERSDAL NUUS - Die polisie se 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders is Vrydag 8 November op Riversdal van stapel gestuur.
Polisielede het pamflette met meer inligting oor gesinsgeweld aan motoriste op die N2 uitgedeel.
“Ons wil tydens die veldtog die gemeenskap bewus maak van wat gesinsgeweld behels,” sê konst. Venia Daries, polisiewoordvoerder.
Van 13 tot 18 November word die veldtog verskerp met deur tot deur-besoeke in al drie sektore van die dorp. Die veldtog duur tot 27 November.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'