HEIDELBERG NUUS - 'n Onbekende persoon het probeer om by 'n woning in Fouriestraat in te breek.
Die verdagte het weggehardloop en 'n 'J-board' (sien foto) op die perseel gelos. Enigiemand wat weet aan wie dit behoort, of enige ander inligting in verband met die voorval kan verskaf, kan vir sersant Whitey Solomon kontak by 084 6611 155.
"Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. 'n Beloning is op die spel vir inligting wat sal lei tot die inhegtenisname van die verdagte," sê ao. Alroy Windvogel, polisie mediawoordvoerder.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'