Die aksie is deur ao Alroy Windvogel, plaaslike mediabeampte, gefasiliteer waar hy die kinders blootgestel het aan die verskeie afdelings van die polisiestasie.
Hy het hulle op 'n kort toer deur die stasie geneem en aan hul verduidelik wat die verskeie afdelings alles behels.
Die besoek aan die selle het duidelik 'n groter impak op veral die ouer kinders gehad terwyl Windvogel aan hulle die gevolge van misdaad uitgewys het.
Na die besoek is elkeen van die kinders met 'n sakkie naartjies en heerlike toebroodjies getrakteer. Windvogel bedank die plaasboere wat die naartjies geskenk het.

Die groep kleuters het deel uitgemaak van die groot groep kleuters wat die polisiestasie oor twee dae besoek het.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'