MELKHOUTFONTEIN NUUS - Stilbaai-polisie het op 26 Julie saam met Riversdal se departement van sosiale ontwikkeling 'n misdaadvoorkomingsprogram by Melkhoutfontein Primêr aangebied.
Ao. Morné D'Emiljo en Deon du Toit het gefokus op boeliegedrag en misdaad. Grade 3 tot 6 was geteiken aangesien die verskynsel meestal in daardie groepe voorkom.
Ongeveer 150 leerders is ingelig oor die hantering daarvan, asook die gevolge vir diegene wat hulself daaraan skuldig maak.
Die polisie maan ouers om bedag te wees op die tekens van boeliegedrag en vroegtydig hulp te kry sodat die bose kringloop gebreek kan word. Leerders wat iemand boelie kan krimineel vervolg word in terme van die Kinderwet (Wet nr. 38 van 2005), die Wet op Kindergeregtigheid (Wet nr. 75 van 2008) en die Skolewet (Wet Nr 84 van 1996).
'Ons bring jou die nuutste Melkhoutfontein, Hessequa nuus'