Update
HESSEQUA NUUS - Hessequa-distriksmunisipaliteit se munisipale raad verag plaasaanvalle. Speaker Andrew Stroebel het Vrydag, 30 Oktober tydens 'n veiligheidsbeplanningskonferensie gesê die raad is glad nie te vinde vir plaasaanvalle nie. Hy het dit as 'n gruweldaad beskryf.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles het aangevoer dat dit vir die raad van kardinale belang is dat alle gemeenskappe veilig kan leef.
"Dit maak my opgewonde om te sien dat ons as leiers vandag hier kan byeenkom met een doel voor oë, naamlik om saam te werk en ons doel van 'n veilige gemeenskap te bereik."
Stroebel het die gemeenskap gevra om nie net langs die kantlyn te sit nie, maar om deel te raak van die stryd en beplanning.
Riddles het befondsing beskikbaar gestel om die beplanning van gemeenskapsveiligheid 'n werklikheid te maak.
Uitvoerende burgemeester, Grant Riddles en speaker van die raad, Andrew Stroebel het hulle uitgespreek teen plaasaanvalle.
Vorige artikel: Speaker verag plaasaanvalle
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'