In 2011 het Chrisjan Gunter se pampoen gewen met 'n gewig van 282kg. Pinkie Swart het die rekord gevat met sy pampoen wat die skaal op 495kg laat slaan het en dit is 'n SA rekord.
Verlede jaar was hy tweede met 'n pampoen van 353.5kg. Vic Brand het verlede jaar gewen en hy het tweede gekom in Durbanville by die Shoprite Checkers Groot Pampoenkompetisie by die Diemersdal Wynlandgoed se plaasfees. Sy pampoen het 379kg geweeg en die Suid-Afrikaanse rekord was 417.5kg. Van die swaarste pampoene is Saterdag deur Kaap toe na Checkers waar hulle daar beoordeel word. Hierdie jaar was daar 37 inskrywings op Heidelberg gewees en elke jaar raak die pampoene al hoe swaarder en die aanvraag word al hoe groter.
*Die wen volgoorde was soos volg: 1ste Pinkie Swart 495kg; 2de Gert van Deventer 421kg; 3de Altus Joubert 344kg; 4de Wilhelm van Rensburg 330kg; en 5de Ronel Swart 324.5kg Daar word beoog om meer mense te betrek om ook pampoenpitte te plant en laat groei.

Hier is van die pampoene wat lê en wag om geweeg te word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Tuinroete nuus'