SUID-KAAP NUUS - Die stryd om die afsnydatum van 2012 vir aansoeke om pensioenvoordele vir voorheen benadeeldes verleng te kry, het ’n onverwagse hupstoot gekry.
So onlangs soos 31 Julie 2018 het die vorige minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, uitgetrede benadeelde staatdiensamptenare uitgenooi om hulle pensioen aansoeke aan die GEPF voor te lê.
Vrae word nou gevra of Dlodlo (nou minister vir staatsveiligheid) reg opgetree het om so ’n oproep te maak, siende dat ’n ooreenkoms toe reeds met vakbonde gesluit was.
Vrae word ook gevra waarom die onderwysvakbonde toe nie meer kon doen vir hul lede nie.
Vakbonde is nou aan die spits om die nuwe beweging, die PSPRM, (Public Servants Pensions Redress Movement) uit te kryt as uitbuiters wat pensioenarisse mislei.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'