HESSEQUA NUUS - Die beweging van staatsdienswerkers oor die provinsie om die sperdatum vir aansoeke wat reeds in 2012 gesluit het, verleng te kry, stoom steeds voort.
Duisende staatswerkers wat teen die sperdatum nie aansoeke ingehandig het nie, wil nou die proses heropen hê.
Verlede week het die leierskap van die Pensions Service Redress Movement (PSRM), die beweging deur die benadeeldes geskep, die menseregte kommissie (MRK) om hulp genader om die saak te bestudeer en uitspraak te lewer of hulle ’n regmatige saak het.
Die PSRM se hoofbestuur bestaan uit David Piedt (voorsitter), David Jantjies (ondervoorsitter) en Quentin Newman (sekretaris).
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'