Gallery
RIVERSDAL NUUS - Pedro Kruger het tydens Riversdal-landbouskou se damesoggend, Donderdag 21 Februarie, vroue laat lag tot hul huil.
Hoewel die trane van vreugde gerol het, was daar heelwat ernstige oomblikke wat hy gedeel het. Dit het weer die vroue trane uit die hart laat afvee.
Hy het met ’n puik vertoning sang, klavierspel en staaltjies uit sy kinderdae gedeel. Sy lewenservaringe het almal ook gemotiveer.
Gaan kyk gerus na die ‘Live’ video op ons Facebookblad.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'