Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Pat Beukes, sakevrou van Riversdal, het kontant aan die ACVV geskenk sodat hulle vir agt gesinne kan kos koop.
Sy sê sy gee graag en dit maak haar glad nie armer nie. Haar hart en hand is oop vir enigiemand in nood, hetsy skoolkinders wat op ‘n sporttoer moet gaan, bejaardes en kinders.
Vir bejaardes gee sy graag kospakkies en vir kinders verkieslik klere, maar ook soms ‘n geldjie om iets lekkers mee te koop.
Die ACVV se Livvy Paulsen het Dinsdag 9 Julie twee van die kospakkies gaan uitdeel.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'