STILBAAI NUUS - 'n Passiespele eie aan dié dorp word vir 11 tot 13 April 2019 beplan.
Die Palinggatsaal verander Dinsdagaande in 'n verhoog omdat spelers reeds onder die wakende oog van regisseur, Pauline Hollis, begin oefen het.
Die tans entoesiastiese rolspelers gaan in die komende maande deur haar as amateur-akteurs vir skitterende vertolkings van verskeie rolle afgerig word.
Duidelik is daar baie talent in Stilbaai en almal word steeds uitgenooi om deel van die toneelgroep te word. Byspelers, veral jonger mans as dissipels, vroue en mans wat as skares kan optree word benodig.
Dit is 'n gemeenskapsprojek wat in die gemeenskapsaal aangebied gaan word en die saal is reeds vir die bogemelde tydperk bespreek. Daar is plek vir enige persoon wat betrokke wil raak. Nuwe vriendskapsbande word tydens oefeninge gebou.
Borge vir finansiële ondersteuning sowel persone wat met die bou van dekor, maak en regmaak van kostuums kan help sal waardeer word.
Vir meer inligting skakel Elsie Lategan by 083 320 8380.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'