STILBAAI NUUS - Stilbaai se eie Passiespele vind Vrydag, 15 en Saterdag, 16 April om 19:00, asook Sondag, 17 April om 15:00 in die plaaslike gemeenskapsaal plaas.
Om 'n produksie van goeie kwaliteit op die planke te bring, soos onder meer vir die dekor, druk van kaartjies en programme is geld nodig en borge word dringend gesoek.
Enige moontlike addisionele geld sal na afloop van die Passiespel met verantwoordelikheid aangewend word om behoeftes in die omgewing aan te spreek.
Inligting in hierdie verband sal in die plaaslike media bekend gemaak word.
Dit sal dienooreenkomstig waardeer word indien enigiemand 'n finansiële bydrae tot hierdie besondere projek sal oorweeg.
Marietjie Strydom (082 416 8171) kan gekontak word vir meer inligting, asook die bankbesonderhede. Kaartjies is beskikbaar by die NG Kerkkantoor, Tabeel en die Stilbaai Inligtingskantoor teen slegs R10.
Vorige artikel:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'