HEIDELBERG NUUS - Die sogenaamde "winskopies" wat via die internet aangebied word en nou landwyd 'n probleem skep vir liggelowiges, het die plaaslike polisie genoop om 'n ernstige waarskuwing aan plaaslike inwoners te rig om op hul hoede te wees vir dié soort slenters.
Volgens sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, word hier gereeld klagtes van internetslenters aangemeld waar mense derduisende rande verloor omdat hulle dié "winskopies" najaag.
Sy waarsku: "Wees uiters versigtig as enigiets te goed klink om waar te wees. Bly liefs weg van daardie soort transaksies, want jy gaan net jou vingers verbrand."
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'