RIVERSDAL NUUS - Die polisie waarsku inwoners teen ’n man wat voorgee hy is ’n balju van die hof.
Volgens konst. Venia Daries van Riversdal-polisie is die man korterig en het grys hare en ‘n groot maag.
Hy maak vooraf afspake en gaan sien die inwoners in hul huise. Hy het dokumentasie by hom, maar by navraag vind die mense uit hy is nie wie hy voorgee nie.
Hy noem homself André, maar dit is waarskynlik nie sy regte naam nie. Die besonderhede en kontaknommer wat hy verskaf, bestaan nie.
Kontak die naaste polisiekantoor wanneer hy met jou in verbinding tree.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'