Update
STILBAAI NUUS - NSRI se Stasie 31 op Stilbaai hou elke maand op 'n Saterdag en indien moontlik, ook Donderdae seereddingsoefeninge.
Volgens die stasiebevelvoerder, Jean du Plessis, is dit noodsaaklik om seker te maak dat die vrywilligers vir enige gebeurlikheid gereed is.
Na so 'n oefening word ook nabetragting gehou om die oefening te bespreek.
'n Soortgelyke oefening is op Saterdag, 29 Mei gehou waartydens hulle 'n boot wat omgeslaan het, te hulp gesnel het. Die persoon wat in die water beland het is opgespoor en aan wal gebring, waarna hy mediese hulp ontvang het.
Die NSRI het ontstaan na 'n vissersboot in 1966 in stormweer by Stilbaai omgeslaan en 14 mense verdrink het. Stasie 31 het egter eers in 1996 vanuit 'n houthuisie in die hawegebied begin opereer. In 2006 het hulle die pragtige gebou waar hulle tans is, betrek.
Die groep vrywilligers het aan Saterdag se oefening deelgeneem. Die stasiebevelvoerder, Jean du Plessis sit voor, heel regs. Foto's: Johan Victor
Vorige artikel: NSRI bly paraat
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'