JONGENSFONTEIN NUUS - Dié pragtige kusdorpie vier die taal van ink met ‘n ongebonde kunsuitstalling.
Die uitstalling heet Out of the Box. Die HeArtist Art Network (die harts-kunstenaarsnetwerk) is dit eens dat kuns meer as bloot ’n visuele voorstelling van ’n kreatiewe kapasiteit is. Dit is ’n taal: ’n kanaal wat die onsigbare met die sigbare verbind en diep dinge woordloos kommunikeer.
Daar is kunsvlyters, handwerkers, klere-ontwerpers, digitale tekenaars, dekor-ontwerpers, loodglaskunstenaars, 3D-pensketsers, skilders, fotograwe en skrywers.
Die uitstalling by die kerksaal kan nog tot 23 Desember daagliks tussen 10:00 en 17:00 besigtig word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’