STILBAAI NUUS - Dames van Huis Stilbaai het hier kort voor die winter ‘n klomp kinderklere bymekaar gemaak en dit op Vrydag 14 April vir Ouma Lena se Huis in Melkhoutfontein geneem.
Dit sluit in rokkies, truie, kouse, mussies en ander warmgoed.
Ouma Lena se Huis is ‘n nie-regeringsorganisasie wat saam met Badisa Stilbaai help om die nood te verlig van kinders wat as gevolg van werkloosheid en dwelmmisbruik baie swaar kry en dikwels is die etes wat Ouma Lena se Huis daagliks vir hulle gee die enigste kos wat hulle daardie dag kry.
Die foto is van die koortjie wat tydens die oorhandiging opgetree het. Saam met hulle is Suné Riddles, Renaldo Pandaren en Allison Riddles.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’